Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vyf weer voor ná geweld
Geraamde skade van meer as R5 miljoen, die geboue

Vyf mense van Jonkershoek het Donderdag 4 Oktober in die Stellenbosch-landdroshof op verskeie aanklagte verskyn.

Die vyf, wie se name aan Eikestadnuus bekend is, is almal glo leiers in die Fish Point-gemeenskap en staan tereg op aanklagte van brandstigting, poging tot moord, onsedelike aanranding, betreding sowel as intimidasie.

Die selferkende leier van die groep inwoners van die nedersetting is verlede Dinsdag 25 September in hegtenis geneem terwyl die ander vier glo die afgelope Vrydag 28 September met sy hofverskyning by die landdroshof in hegtenis geneem is.

Vier van beskuldigdes se prokureur het die regmatigheid van hul inhegtenisneming betwis.

Talle voorvalle van intimidasie en brandstigting kom die afgelope paar maande in Jonkershoek voor waar inwoners van die Fish Point-informele nedersetting ontevrede is oor die verskaffing van basiese dienste en behuising.

Vroeër vanjaar is die huis van ’n inwoner in ’n petrolbomaanval verwoes en verlede week is skade van meer as R5 miljoen aangerig toe toerusting en ’n gebou van MTO ook deur brandstigters vernietig is.

Talle instellings, waaronder die Stellenbosch-munisipaliteit, MTO en Cape Nature, is grondeienaars in die gebied en kon nog nie tot ’n vergelyk kom oor wie vir die Fish Point-nedersetting verantwoordelik is nie aangesien onduidelikheid oor die grense van die verskillende dele grond in die vallei bestaan.

Die nasionale departement van openbare werke het nou ’n mandaat aan die Stellenbosch-munisipaliteit gegee om dienslewering aan die inwoners te bied.

Intussen het ’n voorval van vermeende brandstigting weer Woensdag 3 Oktober voorgekom toe die veld naby die huise van MTO op twee verskillende plekke aan die brand geslaan het. Die brand is betyds geblus, maar die polisie ondersoek die voorval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.