Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wag omgery toe hy bakkie teen eenrigting wou keer

’n Skokkende video wat wys hoe ’n man met opset omgery word, is Maandag duisende kere op sosiale media gekyk.

In die video kan gesien word hoe ’n veiligheidsbeampte praat en met sy hande beduie vir ’n motoris wat by die verkeerde kant van die parkeerplek by Die Boord-winkelsentrum wil uitgaan. Die motoris ry dan bo-oor die beampte met die regterkant van sy bakkie.

Volgens kapt. Nathalie Martin, ’n woordvoerder van die Stellenbosch-polisie, het die voorval Donderdag 30 April tussen 14:30 en 15:00 plaasgevind.

“Die klaer is ’n veiligheidsbeampte en was aan diens om die verkeer te reël. Hy het die voertuig gewys dat hy in die verkeerde rigting ry en hom gewys om om te draai. Die bestuurder het hom toe gestamp en bo-oor hom gery.”

Volgens Martin het die slagoffer in Mediclinic Stellenbosch met beserings oor sy hele lyf wakker geword.

“ ’n Saak van poging tot moord is geopen en word tans ondersoek. Geen ander inligting mag bekend gemaak word nie omdat dit die ondersoek kan belemmer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.