Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wantrouemosie gaan voort
Donovan Joubert, speaker van die Stellenbosse stadsraad, staar ’n mosie van wantroue in die gesig nadat die federale raad van die DA toestemming aan die Stellenbosse DA gegee het om so ’n stap te neem.

Die federale raad van die Demokratiese Alliansie het die afgelope naweek besluit dat ’n mosie van wantroue in die speaker van die Stellenbosse stadsraad, Donovan Joubert, ingestel kan word.

James Selfe, voorsitter van die federale raad, het by navraag bevestig dat die raad die besluit geneem het nadat die DA in Stellenbosch so ’n versoek gerig het.

“Die federale raad het op 4 en 5 Mei vergader en het ’n versoek, wat deur ’n oorweldigende meerderheid DA-raadslede van die Stellenbosch-munisipaliteit onderteken is, oorweeg om ’n debat oor ’n mosie van wantroue in die speaker in te stel.

“Die federale raad het die versoek toegestaan en die besluit is aan die speaker, die koukusvoorsitter en Anton Bredell, minister van plaaslike bestuur, gekommunikeer. Laasgenoemde sal toe­sig hou oor die proses om te verseker dat prosedurele regverdigheid geskied.

“Ek het intussen ’n e-pos van mnr. Joubert ontvang waarin hy vra wat die beweringe teen hom is. Ek het geantwoord dat hierdie feite vir seker in die debat na vore sal kom, maar dat die mosie van wantroue ’n politieke uitspraak deur jou eweknieë is, eerder as ’n regsuitspraak oor die waarheid of nie van klagtes.”

Joubert wou nie kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.

* Eikestadnuus het by ’n betroubare bron verneem dat die mosie van wantroue op 16 Mei voor die DA-koukus sal dien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.