Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
WAT neem afskeid van voorsitter
WAT
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het op 8 Oktober afskeid van prof. Arnold Schoonwinkel as voorsitter van die WAT-direksie geneem. Schoonwinkel het die afgelope agt jaar in hierdie posisie gedien. In sy termyn is onder meer die tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT tot by Z goedgekeur. Volgens hierdie plan sal die WAT aan die einde van 2028 tot by die letter Z voltooi wees. Tans verloop alles volgens plan en is die redaksie goed op dreef en reeds besig om aan die letter T te werk. Prof. Richard Stevens, Schoonwinkel, dr. Willem Botha (hoofredakteur en uitvoerende direkteur), prof. Marné Pienaar en prof. Frank Hendricks by die afskeid. Afwesig: prof. Rufus Gouws en Manie Lombard.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.