Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees altyd op jou hoede

Die afgelope week se groot getal gewelddadige misdade in en om Stellenbosch het ’n mens net weer bewus gemaak van die vlietendheid van die lewe.

Deur die genade of die voorsienigheid is niemand in een van die voorvalle gedood of selfs ernstig beseer nie. Maar dit kon so maklik soveel anders gewees het

’n Videogreep van ’n parkeerassistent wat in die parkeerterrein van ’n winkelsentrum in Die Boord blatant deur ’n geïrriteerde motoris omgery word, is seker die ergste voorbeeld van onnodige geweld wat in ’n lang tyd die ronde gedoen het.

Die motoris, wat nou van poging tot moord aangekla gaan word, het waarskynlik in ’n onbesonne en gefrustreerde oomblik sy humeur verloor en die man omgery – ten aanskoue van almal in die omgewing – en daarna byna ongeërg weggery.

Maandagaand se transitorooftog en daaropvolgende jaagtog en skietery het gelukkig ook geen slagoffers geëis nie – buiten ’n veiligheidswag wat lig gewond is. Dink maar aan wat kon gebeur het as die dwaalkoeëls uit die rowers se outomatiese aanvalsgewere in spitstyd in ’n groep mense ingevlieg het. En Dinsdag, skaars 24 uur ná die transitorooftog by Klapmuts, was daar weer ’n gewaagde kaping – ook helder oordag – op die R44.

Op die bendegeteisterde Kaapse Vlakte is hierdie soort van voorvalle ’n byna alledaagse gebeurtenis en talle onskuldige mense het al in die kruisvuur van misdadigers omgekom.

Dit is Stellenbosch tot dusver gelukkig nog gespaar.

Dit beklemtoon weer eens die belangrikheid van doeltreffende misdaadbekamping en vinnige optrede deur wetstoepassingsowerhede. Nie dat verantwoordelike optrede deur die publiek agterweë moet bly nie. Waak-saamheid en ’n parate lewensuitkyk is nou meer as tevore noodsaaklik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.