Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees veral nou versigtig

’n Foto van vermoedelik studente wat voor ’n kuierplek staan sonder maskers en geen fisieke afstand handhaaf nie, wat op sosiale media gedeel is, het inwoners onthuts gelaat.

Talle het die universiteit en selfs die kuierplekke blameer vir die optrede van diegene op die foto.

Dit is seker in die mens se natuur, of sal ek sê sommige mense s’n om ander te blameer wanneer hulle fouteer. Dit kom mos al van Adam en Eva se tyd af aan.

Die studente is volwassenes en hulle moet volwasse optree eerder as soos kinders vir wie jy aanhoudend moet sê om nie iets te doen nie.

Hulle moet verantwoordelik gehou word vir hul optrede, want ná ’n jaar van Covid-19 behoort almal al te weet jy moet ’n fisieke afstand handhaaf en jou masker dra – is dit dan so moeilik om te verstaan? Die derde vlaag is nie op pad nie, dit is hier en Stellenbosch, volgens statistieke, word as ’n brandpunt in die Kaapse Wynland-distrik beskou. Slaan asseblief ag op die reëls en hou daarby.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.