Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees versigtig

Die gemeenskap word gewaarsku om baie versigtig te wees met hul Gumtree-transaksies.

Volgens ’n klaer, wat sy voertuig op Gumtree geadverteer het, het die “koper” genoem dat hy sy broer, “Sizwe Mbenya” gaan stuur om die transaksie te voltooi.

Op 31 Maart het die klaer die broer by Welgevonden Spar in Cloetesville ontmoet. Die persoon het gesê dat hy belangstel in die voertuig. Die klaer het daarna sy bankbesonderhede verskaf. Die kontanttransaksie is later deur die dag gedoen en die voertuig is oorhandig aan “Sizwe Mbenya”.

Die voertuig is dieselfde dag oorhandig te Cape Gate-winkelsentrum. Later deur die dag het die klaer navraag gedoen by sy bank, waar hulle aan hom genoem het dat daar geen geld oorgeplaas is nie.

’n Verdagte is later in hegtenis geneem by OR Tambo-lughawe op ’n aanklag van motorvoertuig diefstal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.