Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Woordfeesprogram vir 2019 by deurnag-jol bekend

’n Hele dansende karnaval van fees-apies gaan Vrydagaand 16 November by die 2019-US Woordfeesprogram-bekendstelling in Stellenbosch uit die mou gelaat word.

Die feestema is “Jonk”, want die Woordfees word in 2019 twintig jaar oud en ’n twintigjare is mos ’n jongmens. Daarom gaan deurnag fees gehou word soos in 1999, die jaar van die groot millenniumwisseling toe alles begin het.

Die bekendstellingsmakietie met musiek, poësie, komedie, toneel, dans en flieks word in die H.B. Thom (binnekort die Adam Small-teater) in Victoriastraat gehou. Dit begin 22:00 en hou tot die volgende oggend halfses se kant aan.

Op die partytjieprogram vir hierdie nag van passie vir die kunste is, onder andere, die digters Bibi Slippers en Jolyn Phillips, komedie met Shimmy Isaccs, musiek deur Die Wasgoedlyn, dans met Conway October, Yaseen Manuel en Ray Claasen, en ’n uittreksel uit die uitbundig snaakse Bal-oog en Brommel met die akteurs Richard September en De Klerk Oelofse.

Andries Bezuidenhout, Danie Marais en Desmond Painter sal ook Dames en here, Leonard Cohen aanbied – ’n huldeblyk met akoestiese weergawes van Cohen-treffers wat blitsig by die 2018-Woordfees uitverkoop het.

Flieks sal deurlopend in die H.B. Thom-laboratorium vertoon word.

Die deurnagfees eindig die volgende oggend op ’n suiwer, hoë noot met ’n orreluitvoering deur Zorada Temmingh in die Moederkerk.

Almal word hartlik na die verskeidenheidskonsertkuier van ’n programviering genooi. Kaartjies kos R100 en is by Computicket beskikbaar.

Kom wees saam jonk en vry dwarsdeur die warm somernag hierdie Vrydag (16 November).

V Kontak Danie Marais by danie_marais@sun.ac.za vir enige verdere inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.