Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Word bietjie ‘warmballetjie’

Dank aan diegene wat hierdie week navraag gedoen het oor my afwesige rubriek.

As u wonder oor my skrywe is dit maar net passie wat my dryf. Ons het so baie om te vertel en stories kan dik loop en hulself openbaar in die helende krag van konfrontasie met real issues, waarmee almal sukkel – veral met daardie minderwaardigheidsgevoel wat op loop kan gaan en ons afsny van goeie geselskap, veral met ons wit compratiots.

Ek dink by nou is u seker gerustig met my manier van mengels (soos iemand daarna verwys) skryf, of beter gestel, ek skryf soos ek praat en soos Steve Biko sal sê “I write what I like”, wat eintlik nooit opruiend was nie. In any case was sy boodskap totale vryheid en die bevryding van jou gees. Nee, nie ’n vryheid om kaalgat innie dorp rond te loop nie, nog minder om klippe te gooi, geboue te brand en sarsies geweerskote na mense te skiet nie – daai “oorlog” is mos lankal verby, of hoe?

Met Suid-Afrika wat holderstebolder nou in ’n kringloop wil loop, sukkel dit maar om dit te voltooi omdat ons mekaar gedurigdeur pootjie. Ons dink mos dat die pot goud aan die einde van die reënboog is. Ek hou van die Engelse uitdrukking it is hiding in plain sight, wat eintlik die issue van jou eie vryheid saamvat.

Jy is verantwoordelik vir jou vryheid!

No, God is not actually hiding, but it is for you to open up to your world to look with new eyes and to assure yourself that everything is right in all manner of things.

In my long life I’ve gathered as such that the external world is playing tricks on us en dat ons onsself vir ’n ride neem met hierdie nastreef van dinge wat ons laat glo in a God of pleks van ’n God van oorvloed. Die ouer mense weet dat hierdie God van oorvloed in alles voorsien, soos talle kan getuig.

Nee, dit word nie gemeet aan groot karre en opgehoopte banknote nie.

Natuurlik ja, is dit jou reg en voorreg, solank jy dit nie verafgod nie. Dit klink soos ’n kontradiksie, maar die God wat jy soek, is al lank in jou midde.

Wat ek hier sê, kan ’n predikant beter stel, en dis nie my job om beterweterig te wees nie.

Dis dan hier waar ek gears change en jou in ’n ietwat ligtelike trant aanmoedig om jou passie na te volg, wat daarop neerkom dat jy dit tot in jou groottoon moet voel. Dit kielie in jou blaaie sodat jy daarmee wil move.

My ouma het dikwels gesê ek is “warmballetjie” as ek net wil move. Ek kon dit egter nie begryp nie, want ek het gedink sy praat van daai groot, eertydse sokkerspelers wat ’n bal warm en ver oor Idasvallei kan skop, totdat ek later agtergekom het sy praat van Hennie Bal van die destydse Vlakte, wat met groente gesmous het en so sy passie uitgeleef het om vars goed aan die gemeenskap te voorsien.

En dis wat ek bedoel!

In plaas daarvan om net die dollars te sien, maak dit ’n diens aan ander en neem die fokus weg van jouself, en nooi dan só die God van oorvloed in jou lewe in.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.