Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Fees kan jou die koue help kurk

Die jaarlikse Franschhoek Uncorked-fees is weer net om die draai en is die ideale manier om die koue wintersgevoel te verdryf, of dit ten minste vir ’n rukkie op ’n afstand te hou.

Die jaarlikse Franschhoek-fees, wat vanjaar op 15 en 16 September gehou word, is die ideale geleentheid om een van Suid-Afrika se gewildste en bekendste wynbestemmings te besoek en die talle kos- en wynaanbiedings van die Franschhoek-vignerons te ontdek en te verken.

Die beste manier om hierdie wynvallei te ervaar, is om van landgoed na landgoed te reis en nie net die jongste wyne te proe nie, maar ook ouer oesjaaraanbiedings. Die fees bied aan Franschhoek se bekroonde wynmakers die geleentheid om hul jongste wyne ten toon te stel – van uitmuntende Cap Classiques en witwyne tot puik rosé- en rooiwyne, en heerlike versnitte tussenin.

Die fees bied besoekers ook die ideale geleentheid om voorraad op te bou vir die komende vakansieseisoen, of sommer net die leë wynversamelings aan te vul.

Van die vele feeshoogtepunte is begeleide proeë, lipleklekker disse, musiek in lewende lywe, buitemuurse aktiwiteite, speletjies en veel meer.

Aangesien die fees so baie bied om te sien, doen en ervaar, is dit miskien ’n goeie idee om sommer die hele naweek in hierdie pragtige vallei deur te bring.

Bespreek verblyf in een van die vallei se vele hotelle en gastehuise en geniet Franschhoek in jou eie tyd.

Benewens wêreldklas-wyn en -kos bied Franschhoek ook kunsgalerye, boetiekwinkels en die bekende Hugenote-museum.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.