Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Launchlab lanseer weer

Die Universiteit Stellenbosch LaunchLab se nuutgestigte US Techpreneurskapsentrum (US TPS) bied in Julie vanjaar sy tweede datawetenskap-, masjienleer- en entrepreneurskap-oefenkamp aan nadat die eerste groep die program in Maart suksesvol voltooi het.

Die US TPS is ’n nuwe inisiatief vir datawetenskap en entrepreneuriese ontwikkeling wat deur die US LaunchLab, die universiteit se tegnologie- en entrepreneurskap-inkubator, in samewerking met die US se skool vir datawetenskap en rekenaardenke, ontwerp is.

Die sentrum bied kursusse aan wat die gaping tussen tegnologie en entrepreneurskap oorbrug deur kandidate bloot te stel aan diepgaande programmeringsvaardighede in datawetenskap en hoe om hierdie vaardighede in die bedryf te gebruik.

Joshua Romisher, die US LaunchLab se uitvoerende hoof, sê hulle is opgewonde om die volgende program van stapel te stuur nadat 90% van die eerste groep se deelnemers onderhoude by vennootmaatskappye kon kry nadat hulle die eerste kursus in Februarie gevolg het. Die meeste van hulle is suksesvol by die maatskappye geplaas.

Die program, wat gedurende die wintervakansie (13 Julie tot 6 Augustus) aangebied word, is oop vir almal van alle akademiese vlakke en agtergronde om aansoek te doen. Multidissiplinêre aansoekers en agtergronde word baie aangemoedig.

Aansoeke het op 3 Mei geopen en sluit aanstaande Vrydag (18 Junie). Aansoekers word deurlopend toegelaat, daarom behoort belangstellende kandidate so spoedig moontlik aansoek te doen.

Enigiemand wat meer wil weet oor die inisiatief – aansoekers, vennote wat op soek is na jong talent, of net in die algemeen – kan Daniel Maloba per e-pos by daniel@launchlab.co.za kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.