Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Oumas tree vandag nie meer op 65 af nie . . .

Ek het onlangs die voorreg gehad om ’n spoggerige geldinsamelingsgeleentheid vir die Newborns Trust Groote Schuur by The Bay-hotel by te woon. Dit was ’n aand gelaai met onwerklike verhale van uitdagings, deursettingsvermoë, asook die emosionele tuimeltrein van ouers en vroeggebore babas.

Een so ’n vroeggebore baba is ons eie Wayde van Niekerk. Wayde is op slegs 29 weke gebore en het ongeveer 1 kg geweeg. Hierdie seuntjie het met bystand normaal ontwikkel. Hy verbeter op ’n 24-jarige ouderdom die 17 jaar lange wêreldrekord van Michael Johnson (atletiekster) in die 400 m by die Olim­pie­se Spele in Rio in 2016. Om hierdie prestasie te bevestig, gaan loer weer na Michael Johnson se atletiekrekord

Afrigting en leiding

Wayde se uitsonderlike sukses plaas ook die kollig op sy afrigter tant Ans. Tant Ans het volgens Wayde ’n uitson­der­like vermoë om na haar atlete te luister (na enige hartsake) en daarvol­gens die dag se oefenprogram te beplan. Tant Ans rig al van 1960 atletiek af en het as 70-jarige Wayde onder haar vlerk geneem. Tant Ans se loopbaanhoogte­punt (Wayde se goue medalje) kom eers in die ouderdom van 75. Wie weet wat individue vandag kan bereik as hulle nie volgens tradisie op 65 aftree nie.

Finansiële lesse:

V Almal begin nie op dieselfde plek nie (inaggenome finansiële welstand);

V Goeie afrigting help “finansiële atlete” hulle hoogste potensiaal bereik;

V Harde werk, gedissiplineerde toepassing van welbeproefde finansiële beginsels, is geneig om finansiële agterstande in te haal;

V Vertroue tussen “afrigter” en “atleet” maak ’n groot deel van die finansiële wenresep uit.

Maak seker jou “finansiële afrigter” gee jou finansiële vlerke. Indien suksesvol, kan jy self besluit wat jy ná die ouderdom 70 of 75 doen. V Richus Nel is ‘n Finansiële Beplanner by Brenthurst Wealth. Vir nadere besonderhede kontak hom op richus@brenthurstwealth.co.za of 021 882 8706.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.