Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Sê nou oor veilings, vra Agri SA

Agri SA vra groter duidelikheid oor die verwysing in die jongste vlak 4-regulasies wat soos volg lui: Gatherings at auctions are not permitted.”

“Beteken dit veilings kan wel plaasvind, maar geen mense kan by ’n byeenkoms wees nie,” vra Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA. “En watter veilings is hier ter sprake? Verwys dit na alle veilings, soos onder meer eiendom en ander bates en ook landbouveilings? Agri SA vra duidelikheid. Die feit dat landbou ’n noodsaaklike diens verklaar is, vereis dat veeveilings moet voortgaan. Hoe gemaak met veeveilings wat reeds geskeduleer is?”

Agri SA sal graag wil weet hoe prakties haalbaar dit is wanneer die teenwoordigheid van mense verbied word. “Veilings is die lewensaar van die lewendehawebedryf. As dit verder onder druk kom, hou dit bepaalde risiko’s in vir die bedryf, die verbruiker en die beskikbaarheid van vleisprodukte.”

En hoe gaan die verbod op byeenkomste by veilings in landelike gebiede veral kom­mer­siële en opkomende boere en gemeenskappe raak wat afhanklik is van dié boere vir hul vleis? Waar moontlik, sal veilings nou aanlyn gehou moet word om deurlopend in die vraag na lewende hawe te voorsien. “Dit is egter nie in alle gevalle moontlik nie.”

Agri SA is ook bitter bekommerd oor die uitwerking van die algehele verbod op die wyn- en groter drankbedryf. Die ekonomiese gevolge van die inperkings op die restaurant-, toerisme- en ander bedrywe soos die wildbedryf gaan dié bedrywe verder knou.

“Waar is die hulppakkette om die wyn-, breër alkoho­liese-, wild-, restaurant- en toerismebedrywe te onder­steun?” vra Van der Rheede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.