Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Studente leer besigheidsbestuur by sakelui

Twee graad 11-leerders van Stellenbosch en twee studente aan die Universiteit van Kaapstad het onlangs die geleentheid gekry om ’n groot JEB-genoteerde maatskappy in Gauteng te besoek.

Attacq the Future, wat deur Attacq Beperk in samewerking met die Eikestad Mall aangebied word, het Lwando Njokweni en Shaun Janse van Vuuren aan die Universiteit van Kaapstad, asook Victoria Beeka van Rhenish Girls’ High School en Michelle­ Cronjé van Hoër Meisieskool Bloemhof na die onderneming geneem.

Beeka glo dié ervaring het beslis haar horison verbreed.

“Dit het my oë oopgemaak en ek sal beslis ’n loopbaan by Attacq oorweeg indien medies nie vir my uitwerk nie.”

Attacq se aandag aan detail en akkuraatheid ten opsigte van beplanning was weer wat vir Michelle Cronjé van Hoër Meisieskool Bloemhof beïndruk het.

“Die Schneider Electric-hoofkantore was sonder twyfel die hoogtepunt van ons besoek; die moderne en nuwe generasie-ontwerp, is ’n innoverende konsep en ek was gek oor die manier waarop hulle ’n werk/lewe-balans vir hul personeel geskep het,” verduidelik Michelle.

“Tot nou toe het ek nie veel van eiendomsontwikkeling geweet nie, dus was dit baie interessant.”

Attacq the Future ondersteun onderwys en jeugontwikkeling in samewerking met die Attacq-groep se streekswinkelsentrums in Stellenbosch, George en Potchefstroom.

Dié inisiatief stel Attacq in staat om sy betrokkenheid as ’n verantwoordelike korporatiewe burger by Suid-Afrikaanse jeug uit te brei.

As deel van die program word akademiese uitblinkers en/of leerders met leierskap-eienskappe, wat naby hierdie Attacq-winkelsentrums skoolgaan en nie noodwendig in die skool se raad van studenteverteenwoordigers dien nie, aan ’n groot onderneming se besigheidsomgewing blootgestel.

Leerders kry ook die geleentheid om ’n voorlegging van ’n genoteerde maatskappy se finansiële resultate by te woon en by top-sakelui te leer hoe die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) funksioneer.

Leerders geniet sinvolle interaksie met Attacq se uitvoerende bestuur en ontwikkel op dié manier ’n beter begrip van wat die verskillende rolle van ’n genoteerde maatskappy se topbestuur behels.

Volgens Karin Retief, Eikestad Mall se algemene bestuurder, is Attacq the Future beslis ’n aanwins vir Eikestad Mall.

“Dit stel ons leerders en studente bloot aan die ontwikkeling van eiendom, die bestuur daarvan en die impak van hierdie besighede in hul eie areas,” meen Retief.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.