Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Unieke wildveiling op Stellenbosch

Die wildbedryf het na afloop van die onlangse Benchmark- en Stud Game Breeders-wildveilings weer rede om asem te haal.

Dit het daartoe gelei dat De Kaap-wildbedryf Saterdag 9 September ’n eiesoortige wildveiling by die Vredenheim-landgoed aanbied.

Pryse wat by hierdie twee hoog suksesvolle veilings behaal is, het aan die mark bewys dat gehalte-diere met goeie genitika wat op ’n professionele wyse opgeveil word, steeds bogemiddelde markwaarde het.

Alle spesies wat aangebied is, het bo die markverwagting presteer.

Dit bewys dat die beleggings­potensiaal van wild met goeie genetika – veral buffels, swartwitpense, baster-gemsbokke en Livingstone-elande – altyd vir teel sowel as en ekotoerisme in aanvraag sal bly.

Die meerderheid wildboere diversifiseer hul grondgebruik vir groter winsgewendheid. Groter klem word deesdae op die aanbieding van wild vir ekotoerisme, die jagmark, wildsvleisverbruik sowel as die benutting van byprodukte soos huide en horings vir huishoudelike dekor geplaas.

Die wildbedryf in Suid-Afrika is uniek – nie net met betrekking tot die groot verskeidenheid spesies nie, maar ook met verwysing tot die institusionele omgewing.

Suid-Afrika is een van bitter min lande in die wêreld waar wild in geheel deur wildboere besit word.

Dit bemagtig wildboere en daar is derhalwe geen rede waarom die wildbedryf nie volhoubaar kan bly groei nie.

Volgens dr. Peter Oberem, besturende direkteur van Afrivet, het onlangse suksesse van wildboerdery in Suid-Afrika ook ’n reuse-uitwerking op bewaring en biodiversiteit gehad.

“Ongeveer 20 miljoen hektaar ploeg- en dierbeskadigde landbougrond is verbeter deurdat boere na wildboerdery oorgeskakel het. Dit het grootliks bygedra tot natuurbewaring en ’n verhoogde biodiversiteit wat sekere spesies teen uitwissing beskerm het,” sê Oberem.

Die Vredenheim-veiling begin Saterdag om 10:30.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.