Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Versnitwyne ‘het ’n blink toekoms’

Suid-Afrikaanse wynmeesterwerke het erkenning gekry met die aankondiging van die 2018-Perold / Absa-Kaapseversnit-kompetisiewenners.

Die wenners is by ’n dinee op die Lanzerac-landgoed in Stellenbosch aangewys.

Lyngrove Platinum Latitude 2016 was die enigste Stellenbosse versnit wat onder die wenners aangewys is.

Die wyn is ’n versnit van cabernet sauvignon, pinotage en shiraz en is deur die wynmaker Danie van Tonder geskep.

Hierdie jaarlikse kompetisie het die afgelope agt jaar stewig gegroei met Suid-Afrikaanse wynmakers wat die geleentheid gebruik om hul unieke kombinasies aan te bied deur pinotage as sleutelkomponent te gebruik.

Die reëls van die kompetisie bepaal dat minstens 30% van die finale versnit – maar nie meer as 70% nie – pinotage moet wees.

Vanjaar se kompetisie het 51 inskrywings gelok.

Volgens De Wet Viljoen, die ondervoorsitter van die Pinotage-vereniging, is die kompetisie ’n bewys van die blink toekoms van “Cape Blends”.

Hy het bygevoeg dat die gehalte van die finaliste vanjaar werklik fenomenaal was en die wyne toon die balans, elegansie en struktuur wat dit met veroudering sal dra.

Wynmakers bestee baie van hul tyd en deernis om hul versnitte te skep en die feit dat hierdie wyne teen premiepryse verkoop word, dui ook op die erns van die wyne.

Beyers Truter het bygevoeg dat hierdie Kaapseversnit-wyne weer ’n duidelike bewys is dat Pinotage-versnitte nie vir enige ander land ter wêreld terugstaan nie. Hierdie wyne is werklik unieke juwele in die kroon van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Die kompetisie word aangebied deur die Pinotage-vereniging en Absa en weerspieël die langdurige verbintenis van Absa, nie net vir Pinotage nie, maar ook vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf as n geheel.

Finaliste kom uit ’n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse wynstreke, wat aandui dat pinotage ’n belangrike komponent van wynmaak- strategieë vir wynhandelsmerke in alle Suid-Afrikaanse wynbougebiede vorm.

Lyngrove het sy uitsonderlike pinotage-jaar voortgesit met die toevoeging van ’n Perold / Absa Kaapseversnit-trofee tot die Absa Top-10-pinotage-trofee wat vroeër vanjaar gewen is.

Die wenners:

KWV Abraham Perold Tributum 2014, Leipzig Master Blend 2017, Pulpit Rock Louisa Reserve 2014 en Wildekrans Kaapseversnit-Barrel Select Reserve 2015.

Ander finaliste was Anura Signature Cape Cuveé 2015, Beyerskloof Faith 2015, Blake’s Amethyst 2016, Pulpit Rock Louisa Reserve 2015 en Wellington Wines – La Cave-Kaapseversnit 2016.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.