Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Alonso kom leer meer by Giniel

Die Stellenbosse Dakar-held, Giniel de Villiers, het ’n nuwe soort betrokkenheid by F1, en dit hiér in Suid-Afrika.

De Villiers, wat vanjaar vereer is vir die wyse waarop hy sy Dakar-spanmaat, Nasser Al Attiyah, ondersteun het om die 2019-Dakar-ren vir Toyota te wen, gaan egter nie sy lyf F1-renjaer hou nie.

Hy gaan die gewese twee­malige F1-kampioen Fernando Alonso ’n bietjie touwys maak – agter die stuur van Toyota se Dakar-wenbakkie.

Alonso kom later vanjaar toetswerk hier in SA doen – en dít in ’n Totota Gazoo Racing SA se Toyota Hilux, identies aan dié waarin Toyota die 2019-Dakar-veldtyd­ren in Suid-Amerika met die Katarrees Nasser Al Attiyah agter die stuur gewen het.

Glyn Hall, Toyota Gazoo Racing SA se spanhoof, het bevestig die TGR-Dakarjaer Giniel de Villiers sal Alonso aanvanklik touwys maak voordat die span die wenbakkie aan die Spanjaard sal toevertrou.

“Alonso het verlede jaar al sy voelers uitgesteek om aan die Dakar-ren deel te neem, maar wou dit graag in ’n Toyota Hilux doen,” het Hall verlede week by die perskonferensie waar die Dakar-span terug in SA verwelkom is, aan Eikestadnuus bevestig.

“In hierdie stadium is dit nog nie duidelik waar die toets gaan plaasvind nie,” het Hall gesê.

Alonso het sy F1-helm ná die Abu Dhabi Grand Prix 25 November verlede jaar weggepak nadat hy die Le Mans-uithouren oor 24 uur in Junie verlede jaar in sy heel eerste probeerslag vir Toyota gewen het en verlede week (Sondag 27 Januarie) ook die Daytona-uithouren oor 24 uur as lid van die span van die Suid-Afrikaanse renjaer Wayne Taylor beklink het.

Nou slyp hy sy tande vir dié Dakar . . .

“Ek sal hom eers ’n bietjie touwys moet maak met die Hilux voordat ons hom in die bakkie sal loslaat,” het De Villiers gesê. “Die Dakar-bakkie is ’n baie professionele renvoertuig en werk ’n bietjie anders as ’n F1-motor, so hy sal eers moet leer . . .”

Toyota het vandeesweek bevestig Alonso kom vroeg in Maart na Suid-Afrika om die Dakar-bakkie op die proef te stel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.