Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Blakes buig knie voor Albions

Blakes het Saterdag teen Albions van die Paarl vasgeval en die wedstryd 17-13 verloor, ondanks die feit dat die rustydtelling 8-0 in Blakes se guns was.

Die wedstryd het teen ’n vinnige pas afgeskop met Aldrin Greef wat telkemale gate in Albions se verde­diging geslaan het. By een so ’n geleentheid het Greef die lyn gebreek, maar kon hy geen aan­sluiting by sy spanmaats kry nie.

Die eerste punte het gekom toe ’n strafskop toegeken is nadat Albions die bal by ’n losskrum vertraag het. Greef het met die strafskop geslaag om Blakes te laat voorloop.

Die eerste drie het gekom na twee fases deur die voorspelers waarna Bevan Daniels (skrum­skakel) vir Hermirique Steenkamp (heealgter) in die hoekie oorgestuur het. Greef kon nie die verdoel nie en die telling was 8-0

Ná die omdraaislag het Albions se voorspelers begin beheer oorneem en telkemale ver veld gewen. Direk ná die afskop het Albions met sy voorspelers sy eerste drie gedruk, maar dis nie verdoel nie. Albions het onmiddel­lik daarna weer toegeslaan met nog ’n drie wat die telling met die ver­doel­de drie na 12-8 laat aanrol het.Ná nog ’n strafskop het Albions met ’n goeie lynskop ’n lynstaan afgedwing en weer sy voorspelers ingespan het om met goeie dryf­werk oor die doellyn te stoomroller. Die drie is verdoel om die telling op 17-8 te staan te bring.

Blakes het nooit tou opgegooi nie en verwoed aangeval met 20 minute se speeltyd oor. Na ’n lynstaan en twee fases wat deur Blakes oorheers is, het Marvin Jones (slot) oorgeval vir sy onverdoelde drie – eindtelling 17-13. Spelers wat aandag getrek het, was Terrence Greef (flank), Ryle Daniels (vleuel), Hermirique Steenkamp (heelagter) en Aldrin Greef (loskkakel).

Hierdie naweek speel die span tuis teen Windmeul-rugbyklub.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.