Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Blakes stoom voort, wen 56-19

Die Blakes-rugbyklub het Saterdag Windmeul met 56-19 afgeransel en behou steeds sy eerste plek op die punteleer in die noordelike ligakompetisie. Die rustydtelling was 14-7 in Blakes se guns.

Die span het gesukkel om aan die gang te kom en het talle hanteerfoute begaan. Blakes se eerste drie was ná ’n losskrum waar Jeremy Adams (stut) van die kwartlyn af deurgenael het. Die drie is deur Alldrin Greef (loskkakel) verdoel. Windmeul het onmiddellik daarna met ’n drie geantwoord om die telling gelyk te maak. Greef het kort voor rustyd verspot maklik oorgeglip vir ’n verdoelde drie wat die telling op 14-7 vir Blakes te staan gebring het.

Die afrigters het rustyd hard met die spelers gepraat en dit was duidelik ’n ander span in die tweede helfte. Blakes was in ’n verwoestende bui en die drieë het met reëlmaat begin vloei. Greef het Windmeul die hele middag hoofbrekens besorg en gereeld sy verdediging aan flarde geskeur. Windmeul kon eenvoudig nie meer die gate toestop nie.

Die voorspelers het ’n goeie grondslag gelê, waarna die agterspelers kon baljaar.

Die voorspelers wat goeie spel gelewer het, was Adams, wat sy hart uitgespeel met, Lambert Louw (flank) en Christie Freedericks (slot).

Onder die agterspelers was Greef vlymskerp met sy breekslae en skitterend met sy skopwerk pale toe en hy is sonder twyfel as die speler van die wedstryd aangewys.

Die driedrukkers was Greef (2), Clinton Davids, Eddie Fredericks, Jeremy Adams, Ryle Daniels, Darren Barry en Ronwin Fredericks. Greef het met agt doelskoppe geslaag.

Die span pak Khayelitsha hierdie naweek tuis.

Die wedstryde begin 13:30.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.