Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Blakes wen van agter af

Blakes het Strand Pioneers Saterdag 36-17 getroef. Die rustydtelling was 12-10 in Blakes se guns.

Strand Pioneers het die wedstryd met volle oorgawe begin en onmiddellik ná die afskop eerste agter die doellyn gaan kuier.

Talle hanteerfoute deur al twee spanne het verhoed dat die wedstryd aan die gang kon kom.

Blakes het stelselmatig in die tweede helfte beheer oor die wedstryd begin oorneem. Clinton Davids het die tuisspan hoofbrekens besorg met sy stormramlopies.

Drieë is gedruk deur Clinton Davids (3), Nathan van Neel, Melt Koeglenberg en Terrence Greef. Doelskoppe is suksesvol deur Aldrin King en Van Neel behaal.

Die span speel Saterdag tuis teen Eersterivier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.