Van der Stel se bofbalspan het Durbanville Saterdag met 7-6 geklop.
Die Stellenbossers moes twee keer in die wedstryd hard terugveg om ’n agterstand uit te wis.
Pieter Kemp en Robbie Clarke het goed vir VDS gegooi en Chris Beyers het skitterende veldwerk vir die Stellenbossers gedoen.
Ketchum Marsh (drie vir vier), Pieter Kemp (twee vir vyf), en die held van die dag, Burger (twee vir vyf) was die topkolwers vir VDS.
Die o.10- en o.12-span het van vroeg af gespeel, maar ongelukkig het die spanne teen die sterk spanne van Durbanville verloor.
VDS se senior tweede span het naelskraap met 7-10 verloor, ook teen Durbanville, en die meesterspan het teen Goodwood verloor.
Komende naweek speel al die spanne tuis teen VOB van Kenwyn in die Kaap.
VDS se hoofafrigter, Bles Kemp, vertrek môre na Johannesburg as assistentafrigter van die SA senior span vir ’n toer van sewe wedstryde teen Frankryk.
V
Die SA span speel 3 en 4 November in Boksburg, 6 en 7 November in Durban en 9, 10 en 11 November teen Frankryk in Durbanville.