Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Die bal is aan die rol vir netbalfees

StellenSport-spanne maak reg vir ’n netbalfees einde van die jaar in samewerking met Living Ball, Erin Burger-klerereeks en Proudfit-onder­klere en hoop om netbal ’n profes­sionele sport in die Wes-Kaap te maak.

“Met die inperking wat nou op vlak drie is kon StellenSport sy Erin Burger-klerereeks saam met van die borge bekend stel. Living Ball gaan die balle vir die toernooi voorsien. StellenSport is baie trots daarop om met Erin Burger, ’n voormalige Protea, vereenselwig te word. Vanes-Marie du Toit-Proudfoot en ambassadeur van die Proudfit-onderklerereeks gaan ook hul verskyning in die toernooi maak. Die sportbra het ’n sakkie wat spesiaal aangebring is vir GPS-monitering tydens wedstryde. Spelers kan ook as hulle nie netbal speel nie, hul selfone daarin bêre as hulle gaan draf,” het die uitvoerende hoof, Freda Kemp, gesê.

Kemp, ook ’n sportwetenskaplike, gaan die toernooi gebruik as deel van haar PhD-studie om ’n aktiwiteitsprofiel van netbalspelers saam te stel.

“Dit sal die eerste spanne wees wat internasionaal lewendige terugvoer kry van die sleutelprestasiefaktore wat wys watter impak wedstryde op spelers het.”

Oor Cecilia Molokwane, hoof van Netbal Suid-Afrika (NSA), se opmerking vroeër vandeesmaand dat sy nie weet van StellenSport se toernooi nie, het Kemp genoem hulle het al die president se vrae beantwoord waaroor sy getwyfel het.

“Ek glo ons gaan haar droom om netbal professioneel te maak hier in die Wes-Kaap begin en sien nie enige verdere teenkanting van NSA af nie. Ons wag nog vir haar finale terugvoer.

“Ek dink ons president het ’n probleem oor wat die woord ‘professioneel’ behels. Dit word egter die StellenSport Netball Premier League genoem en spelers gaan wel vergoeding kry. Die inisiatief wat aanvaar is deur die Wes-Kaap hoop om ’n voorloper te wees vir ’n toekoms in netbal vir spelers en met die wêreldbeker om die draai is dit net wat ons netbal nodig het. Die distrikte van die Wes-Kaap sien uit na die uitdaging wat voorlê en kan nie wag om weer netbal te speel nie,” voeg Kemp by.

“Sodra die finale datums van die Telkom-reeks bekend is, sal ons die datum in samewerking met Wes-Kaap vasmaak asook die datums volgende jaar vir die 14-week-liga.

“Ons hoop ook om voor die aanvang van die toernooi Norma Plummer se kliniek, wat uitgestel is weens Covid-19, weer te hervat.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.