Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Distrikte galop in wenbaan

Die nuweling in die premierliga van die Boland-krieketraad, Stellenbosch en Distrikte, is besig om sy stem in die kompetisie dik te maak.

Distrikte het Spes Bona verlede week afgeransel en die afgelope naweek het hy Wellington geklop.

Die afrigter, Shirl Cornellisen, is in sy noppies met sy jong span.

Wellington het Saterdag in Idasvallei die loot gewen en eerste gekolf. Die jong blitsbouler van Distrikte, Curtley Klaasen, het met groot venyn geboul. Die besoekers is almal vir 128 lopies uitgehaal.

Junaid Cassiem se 55 was Wellington se hoogte individuele telling. Klaasen was Distrikte se beste bouler met 5/16 en Brandon Layman het hom goed ondersteun met 3/23.

Distrikte se Layman het weer eens sy veelsydigheid met die kolf en bal getoon en 56 onoorwonne lopies aangeteken. Calum Moses het 32 lopies bygedra.

Distrikte het die kragmeting met sewe paaltjies gewen.

Distrikte het Paarl-Oos Sondag met 51 lopies geklop. Die span het nou reeds drie wedstryde gewen.

Distrikte het 176 lopies aangeteken met Shane Williams (55) en Brandon Layman (34) wat die meeste lopies bygedra het. Paarl-Oos is almal vir 121 lopies uitgehaal. Curtley Klaasen (3/25) en Ally Poole (3/27) was vir Distrikte suksesvol met die bal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.