Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Excelsior vier 140ste jaar

Excelsior-RVK is een van die oudste klubs in die land en met ’n ryk geskie­denis van 140 jaar plaas dit hom in ’n liga van sy eie.

Dié klub is op die sterk rotsvaste grondslag van respek en nederigheid gebou en dus het hy die aanslae oor die 140 jaar met gemak oorkom.

Daar word Saterdag (29 Mei) makietie gehou om die mylpaal van 140 jaar van die klub se bestaan te vier.

“Ons beplan om ons voorvaders by die verrigtinge te vier. Dit gaan ’n prettige tyd wees, maar ook ’n dag gevul met hartseer herinneringe aan die grondslag wat gelê is deur mense wat nie meer saam met ons is nie,” vertel die voorsitter van die klub se bekendes, Wilmour Hendrickse.

Excelsior-RVK is ’n klub wat gemeenskapslede deur middel van sport bymekaarbring. Daar is oor die jare bande hier gebou wat tot op hede steeds bestaan.

“Manne soos Johnny Adams wat bekend staan as Boeta Johnny of Buys is een van die manne wat graag van die swaarkrydae van die klub vertel. Dit is ervarings wat ons gebou het.”

Die klub se lied,We Stick to Our Colours”, vul steeds hartkamers van huidige en oudspelers.

“Ons jeug is vir ons belangrik en ons gebruik die klub se waardes om hulle in die regte rigting te lei.

“Ons lewe in ’n veranderde wêreld en die jonges raak maklik die pad byster,” sê Hendrickse.

Die klub se bestuur en die legendes-groep werk saam om van die vieringe ’n sukses te maak hoe wel die Covid-19-pandemie ’n demper op die vieringe plaas.

“Ons bly steeds vasbeslote om dit ’n onvergeetlike verjaardag te maak,” het Hendrickse afgesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.