Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Garrick is nou nommer 1 in SA

Die jong Stellenbosser Garrick Higgo het ’n groot mylpaal in sy gholfloopbaan bereik deurdat hy gevorder het tot die nommer 1-gholfspeler op die SA Amateur-ranglys.

Hierdie 17-jarige lid van die De Zalze-gholfklub op Stellenbosch het Jovan Rebula (familielid van Ernie Els) op die SA Gholfvereniging se ranglys verbygesteek en is nou Suid-Afrika se voorste amateur.

Higgo het die een prestasie na die ander die afgelope jaar op die gholfbaan behaal. Hy het verlede jaar aan die VSA Amateur-toernooi deelgeneem asook die VSA Junior Amateur.

Higgo het in Suid-Afrika verskeie toernooie gewen insluitende die Kaapprovinsie Ope, Sentraal-Gauteng Ope, Noord Amateur Ope asook die Nomads Kusstreek-toernooi vir juniors.

Higgo het ook tydens die pas afgelope Curro Internasionale Junior toernooi op die Durbanville-baan byna die titel behou wat hy verlede jaar verower het. Higgo het in die uitspeelstryd teen Wilco Nienaber verloor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.