Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Geen keer aan Maroen-masjien

Dit was Maandagaand (4 Maart) eenrigtingverkeer in die Danie Craven-stadion toe Maties in sy vyfde Varsity­beker­wedstryd vanjaar sy teenstanders van die veld af gespeel het.

Maties het teen NWU te staan gekom en die kragmeting op tuisbodem oortuigend met 43-15 gewen. Met hierdie oorwinning het Maties verseker dat hy sy posisie bo-aan die Varsitybeker-punteleer verder verstewig en is hy in die voorste posisie met 24 punte ná die vyf wedstryde.

Tot voor Maandagaand se wedstryd was Maties en Pukke nog onoorwonne en onder­steuners het na ’n harde stryd uitgesien.

Die jillende skare studente het skaars hul kele opgewarm of Maties het danksy ’n groot poging van sy voorspelers HJ Luus oorgehelp om ’n drie teen die paal te druk.

Dit was die woelige haker se vierde drie in vanjaar se reeks.

Jordan Chiat het Luus se drie verdoel en kon ook kort daarna met ’n strafskop slaag.

NWU het die skare so effens laat stil raak toe sy flank Gideon van der Westhuizen vir die besoekers gaan druk het.

Maties het die eerste helfte met ’n gemaklike voorsprong van 22-10 afgesluit, danksy ’n drie van sy linkervleuel Edwill van der Merwe nadat die bal langs die agterlyn af is en ’n steekskoppie hom in besit geplaas het. Van der Merwe is nou die voorste driedrukker in die kompetisie met vyf drieë.

Sy span is met 30 drieë sover in die kompetisie ook die span wat die meeste agter sy opponente se doellyn gaan kuier het.

In die tweede helfte het Van der Merwe (linkervleuel) die telling vir Maties geopen met ’n verdere twee drieë om sy driekuns te voltooi en Maties stewig met 36-10 te laat voorloop.

Die Stellenbossers het danksy ’n verdere drie deur die plaasvervangerhaker, Dan Jooste, verdoel deur Reunhardt Fortuin, wat ook as plaasvervanger vir Maties opgedraf het, die telling na ’n onbereikbare 43-10 laat rek.

Wian Conradie het met sy genadetyd-drie die pyn vir die besoekers effe verlig, maar sy span het die mag van die Maroen Masjien deeglik op die Maandagaand ontgeld.

Van der Merwe is aangewys as die Player that Rocks.

Puntemakers vir Maties:

Drieë: HJ Luus, Edwill van der Merwe (2x7-punters, 1x5- punter), Dan Jooste

Doelskoppe: Jordan Chait (3), Reinhardt Fortuin

Strafskoppe: Chait (3)V Eerskomende Maandagaand is dit weer sulke tyd wanneer UJ die Danie Craven-stadion en sy geesdriftige skare besoek om die Maties te probeer tem.

Ronde sewe, die week daarna, bring vir die Maties ’n welkome blaaskans met ’n loslootjie en dan is dit die beurt van die Shimlas in Bloemfontein.

Die Vrystaters lê tans derde op die punteleer ná vier wedstryde met ’n puntetotaal van 15.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.