Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Groot sukses vir Van der Stel-netbal

Van der Stel se netbalspan het Paarl die naweek meet ’n enkele punt geklop. Die telling was 55-54.

Paarl het vier Stings-spelers, wat in dieselfde klas as rugby se Stormers is.

Dit was ’n goeie oorwinning en wys dat talent in Stellen-bosch volop is.

Van der Stel se junior span het Donderdag 32-20 met Maties se o.19’s afgereken.

Die junior span bestaan uit spelers van omliggende skole en hul talent ontwikkel goed.

Die Van Der Stel-netbalklub deel die visie van Annie Kloppers wat pas van die netbal-wêreldbeker af teruggekeer het.

“Ons probeer ’n platform skep vir talentvolle spelers wat dalk nie vir die topgroep by Maties kwalifiseer nie en ook vir spelers wat nie studente is nie,” sê Kloppers.

Freda Kemp, voorsitter van die Van der Stel-sportklub, is ook nou betrokke by die netbalklub. Hul groot droom is om ’n professionele liga in Stellenbosch te begin. “Met die wêreldbeker pas agter die rug en netbal op almal se lippe, is dit die volgende logiese stap. Hopelik is die droom nader as wat ons dink. As ek sien hoe suksesvol die Stellenbosch-sokkerklub is, kan ek nie sien hoekom ons nie dieselfde kan doen vir netbal nie, die grootste vrouesport in die land.

“Dit is ’n voorreg om by ons omgewing betrokke te wees en deur sport ’n verskil te maak. Ons is opgewonde om saam met die munisipa­li­teit en die SSRA te beplan aan die toekoms van die Van der Stel-sportklub nadat Perfect Health deur ’n hofbevel verwyder is. Ons gaan saamwerk en seker maak dat ons nie weer in so ’n situasie beland nie. Ons poog om gou weer funksioneel te wees sodat ons in die hoëprestasievereistes wat ons atlete nodig het, kan voorsien.”

Kemp is tans die hoof van netbalafrigters by die Universiteit van Wes-Kaapland. Hulle het hierdie jaar na die superliga deurgedring en is saam met Maties deel van die ses voorste universiteite in die land. “Ek dink tussen ons en die Universiteit Stellenbosch moet ons die Wes-Kaapse spelers in die Kaap hou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.