Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
HS Stellenbosch troef Jan van Riebeeck tuis

Hoërskool Stellenbosch het Saterdag 3 Augustus 2019 kragte teen Hoërskool Jan van Riebeeck op tuisbodem gemeet.

Die dag het begin met ’n optog van al die sportspanne en die twee skole se rasieleiers het vermaak verskaf.

Die sjampanjenooiens het op gepaste wyse op die veld gekom om ’n glasie op die dag te klink.

Alle wedstryde is in ’n goeie gees gespeel en fantastiese sportmanskap het onder al die spanne geheers.

Hoërskool Stellenbosch se hokkiespanne het al hul wedstryde gewen.

Die netbal- en rugbyspanne van Hoërskool Stellenbosch was ook suksesvol en het die meeste van die wedstryde gemaklik gewen. In die netbal en rugby kon net een van Hoërskool Jan van Riebeeck se spanne die oorhand kry.

Hoërskool Stellenbosch het die dag as oorwinnaars uit die stryd getree en die interskolebeker bly vir eers in Stellenbosch.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.