Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Kapteins deel kennis met mekaar

Die Maties Sport se hoëprestasie-eenheid het ’n nuwe inisiatief genaamd “Captains Corner” begin om Maties se studente-atlete meer insig te gee in leiersposisies.

Sean Surmon, adjunkdirekteur van Maties Sport en hoof van die prestasie-eenheid, saam met Grant van Velden van die eenheid is aan die spits van dié inisiatief.

“Om ons student-atleetleiers bymekaar te kry en hulle die geleentheid te gee om nie net van mekaar te leer nie, maar ook van iemand wat in hul skoene was, is iets wat ons al lankal wou doen,” het Surmon gesê.

“Daarom kry ons voormalige studente-atlete wat tydens en ná hul tyd as studente uitgeblink het in leiersrolle om aan ons huidige studente-atlete waardevolle insig en instrumente te gee om die beste leiers moontlik te wees.”

Van Velden het bygevoeg: “Ons het baie rolmodelle daar buite wat deur die Universiteitstelsel gekom het, en hulle is bereid om wat hulle geleer het te deel en dis belangrik om van die geleentheid gebruik te maak om ons huidige kapteins en onderkapteins te help. Dit is fantastiese geleenthede vir ons jong sportleiers om te leer van mense soos Maties Rugby-alumnus en voormalige WP/Stormers-kaptein Chris van Zyl en oudkaptein van Maties-hokkie en huidige Proteas-kaptein, Erin Christie.”

Die eerste gasspreker is die legendariese Blitsbokke-kaptein Kyle Brown, wat ’n studente-atleet aan die Universiteit van Kaapstad was.

Die huidige kaptein van Maties se manshokkiespan, Clayton Saker, het gesê die eerste byeenkoms was ’n goeie ervaring. “Ek het dit baie geniet. Dit was goed om iemand te kry om sy ervarings met ons te deel en insig te gee in sy sukses as speler en leier. Die geleentheid om ook ander kapteins te ontmoet en met Kyle, wat ons die geleentheid bied om probleme saam op te los, help dit beslis. Ek sien al uit na die volgende sessie.”

Lwazi Madi, nie net deel van die Maties Waterpolo-leierskap nie, maar ook die Suid-Afrikaanse kaptein waardeer die geleentheid om insig en perspektief van ander leiers te kry. “Die Captains’ Corner is ’n unieke ervaring. Om te hoor hoe ander kapteins sekere situasies hanteer, het my perspek­tief op verskillende soorte leierskaps­metodes en -tegnieke gegee. Ek het in net een sessie al baie geleer en sien uit na baie meer.”

Brady Wiseman is in haar eerste jaar as kaptein van die Maties-hokkie-vrouespan aangewys. “Ek dink dit is ’n wonderlike inisiatief waarmee alle sportkodes ’n verhouding met mekaar kan begin en soortgelyke idees, stories en oplossings kan deel. Ek het baie geleer toe Kyle twee van die vier pilare gedeel het wat die Blitsbok-spankultuur gevorm het. Dit kan by Maties-hokkie-omgewing ook aanklank vind,” het Wiseman afgesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.