Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Klub vier geskiedenis

Passie. Liefde. Geluk.

Dit is die drie woorde wat in jou gedagtes opkom by die 140ste viering van Excelsior RVK. Dié viering is Saterdag (29 Mei) gehou.

Trane is tydens die emosionele toesprake, wat gespreek het van die verlange na die “ou dae”, gestort en een ding was duidelik – die bekendes se hart en siel was in die spel geanker.

“Dit is nie enige klub wat kan sê hy het twee Wêreldoorloë en Apartheid oorleef nie. Wat ’n merkwaardige prestasie,” het die huidige voorsitter van die klub, Isgaak Ras, in sy toespraak gesê.

Ras het veral van die moeilike tye gepraat wat die klub moes deurmaak om ’n erkende klub by die Westelike Provinsie-unie te word. “Dit was nie een of twee jaar nie, maar meer as vyf jaar lank wat die klub moes harde bene kou om erken te word.”

Een van die legendariese lede van die klub is die afgestorwe visepresident Omar Pool wat ’n kardinale rol in die klub se geskiedenis gespeel het. Pool se vrou, Nadeema, het namens die familie ’n sertifikaat van erkenning van die klub se legendes-voorsitter, Wilmour Hendrikse, aanvaar.

“Dit is ’n klein gebaar om net dankie te sê vir wat ons visepresident vir die klub beteken het en ons sal dit nooit vergeet nie,” het Hendrikse gesê.

Die oud-Protea-krieketspeler Omar Henry, wat ook vir die klub in enkele wedstryde uitgedraf het, het as gasspreker opgetree.

“Daar was altyd vir my drie pilare wat by die klub uitgestaan het. Passie, liefde en broederskap, en saam is dit ’n magtige kombinasie vir sukses,” het Henry in sy motiveringstoespraak gesê.

Henry het verder uitgebrei oor die nalatenskap wat daar agtergelaat word vir die nuwe generasie om op voort te bou.

Hulde is gebring aan oudspelers wat reeds dood is en ballonne is ter nagedagtenis vrygelaat terwyl hulle uit volle bors die klublied, “We Stick to Our Colours”gesing het.

Die dag is met ’n braai afgesluit waar die oudspelers verder stories uit die klub se geskiedenis kon deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.