Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Krieket begin op drafstap by Paul Roos Gimnasium

Paul Roos Gimnasium se krieketspanne het die laaste week van die somervakansie aan vier verskillende toernooie deelgeneem. Benewens die toernooie het die skool se o.15A-span ook ’n vriendskaplike wedstryd teen ’n skoolspan van Australië, Churchie, gespeel.

Die o.19A-span het aan die Kaapse krieketfees deelgeneem. Die o.19 A’s het die laaste dag van die toernooi geskitter en ’n pragoorwinning oor Pretoria Boys’ High behaal.

Die span het vyf wedstryde gespeel waarvan hy drie gewen en een verloor het, en een het onbeslis geëindig.

Die skool se o.19B-krieketspan het aan die Tafelberg-krieketfees deelgeneem, wat T20- en 50-beurt-wedstryde ingesluit het.

Die span, wat meestal teen ander skole se o.19A-spanne gespeel het, het ses wedstryde gespeel – drie gewen en die ander drie verloor.

Die o.15-A span, wat aan die Somerset College-kriekettoernooi deelgeneem het, het hom uitstekend van sy taak gekwyt deur in vier van sy ses wedstryde as wenners uit die stryd te tree.

Die o.15B-krieketspan het aan Hoër Jongenskool se o.15-toernooi in slegs een wedstryd deelgeneem en skitterend teen ander A-spanne vertoon. Dié span het drie van sy vier wedstryde gewen.

Paul Roos Gimnasium vertrek die naweek na die Oos-Kaap met vyf spanne teen St. Andrew’s College van Grahamstad, Grey High en Hoërskool Pearson te staan sal kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.