Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Lemnaeler van Cloetesville wil parakampioen word

’n Atleet aan die Hoërskool Cloetesville het ’n geleentheid gekry om aan sy eerste internasionale kompetisie deel te neem.

Paul Daniels (16) is gekies as lid van die Suid-Afrikaanse span wat einde Julie aan die Wêreld Junior Para-kampioenskapsbyeenkoms in Switserland gaan deelneem nadat hy in Maart by die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap vir atlete met fisieke en siggestremdhede (SASAPD) in Stellenbosch ’n persoonlike beste tyd van 12.76 sekondes in die 100 m gehardloop het. Hy het die Wes-Kaap- atletiekspan by hierdie byeenkoms verteenwoordig.

Paul se bene is albei onder die knie afgesit nadat hy op driejarige ouderdom breinvliesontsteking gehad het.

“Dit sal baie beteken as ek kan deelneem. Ek weet ek sal baie daaruit leer,” vertel Paul.

Paul en sy afrigter, Fanie van der Merwe, moet hul reis self finansier.

Van der Merwe is gekies as een van die afrigters van die Suid-Afrikaanse span wat gaan deelneem. Hy is onder meer ’n afrigter vir die Wes-Kaapspan, verskeie skole vir mense met gestremdhede en die nieregerings­organisasie Inspired 2 Become, wat jeugontwikkeling deur sport doen.

Paul het sowat vyf jaar gelede begin hardloop. “Dit is vir my fantasties om te sien hoe hy as mens en atleet gegroei het, sy interaksie met ander en hoe hy meer verantwoordelikheid geneem en self besluit het om te begin hardloop,” vertel Van der Merwe.

Paul het aan die begin nie hardloopbene gehad nie en het onlangs ’n nuwe paar hardlooplemme danksy die nieregeringsorganisasie Jumping Kids gekry. Hy is ’n ambassadeur vir Össur, ’n maatskappy wat ortopediese toerusting verkoop. Hy het sy nuwe lemme eers sowat twee weke voor die SASAPD gekry en moes vinnig aanpas as hy enigsins ’n indruk op die baan wou maak. “Om met lemme te hardloop is nie net hardloop nie – dis baie tegnies. Jy moet gewoond raak aan die balans en terugvoer wat die lemme gee,” sê Van der Merwe.

Paul, ’n pleegkind wat op die plaas Packham langs die R44 woon, sê hy sal baie harder vir sy eerste internasionale kompetisie oefen.

“Hopelik sal ek goed doen.”VAs jy graag wil bydra, kontak Fanie van der Merwe by 084 568 2344 of fanie@inspired2become.org.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.