Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Maties bo-aan punteleer, maar . . .

Die Maties se eerste rugbyspan lyk feitlik onstuitbaar in Superliga A ná sy 99-7-wegholoorwinning oor Tygerberg die afgelope naweek.

Hierdie oorwinning is die tweede grootste van Maties hierdie seisoen en die grootste van al die spanne.

Maties het vroeër al St. Georges 72-14 geklop – die naasgrootste punteverskil in die liga vanjaar.

Die ligastruktuur het vanjaar effens verander en die WP klubrugby-kampioenskap sal deur ’n reeks uitklopwedstryde bepaal word.

Maties sal hier hul man moet staan ondanks die feit dat hulle tans die voorlopers in hul liga is.

Die boonste ses spanne kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde en die datums hiervoor sal binnekort deur WP rugby bekend gemaak word.

Die Vics is egter nog aan die gang en speel die naweek weg teen Parow in hul laaste Superliga A-wedstryd. Hulle het nog ’n kans om ook die boonste ses spanne te haal en vir die uitklopwedstryde te kwalifiseer.

Hulle beklee tans die sewende posisie op die punteleer agter spanne soos Valsbaai, Hamiltons, Durbanville-Bellville en Ikeys.

Die Vics het Hamiltons verlede naweek naelskraaps 34-33 geklop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.