Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Maties-netbal goed op dreef

Maties se Varsitybeker-netbalspan het nog ’n sterk posisie in die Varsity-netbalreeks nadat die span Maandagaand in Coetzenburg met UJ afgereken het.

Die Maties moes wel Sondagaand die knie teen die sterk span van Tuks, die verdedigende kampioene, buig, maar is steeds op koers na die eindrondes van die toernooi.

Maties het UJ met 63-30 afgeransel en wys dat die span se spelpeil hom nog na die eindrondes kan neem.

Nadat Maties aanvanklik twee wedstryde gewen het, het Tuks ’n stokkie voor sy segetog gesteek, maar UJ moes dit daarna ontgeld.

Ná die eerste kwartier was die Stellenbossers reeds met 11-5 voor en het die gaping vergroot tot ’n voorsprong van 28-10 met halftyd.

In die derde kwart het die Stellenbossers se afrigter, Zanele Mdodana, haar kragspel gebruik om met ’n rits doele die voorsprong na 39-19 te vergroot en die spelers het hul oog op die belangrike bonuspunt gehad.

Met die aanbreek van die finale kwart was Maties gemaklik voor met 47-22 en die mikpunt van 50 doele was binne sig, veral danksy die akkurate doele van Sian Moore. Maties het sy doeltempo gehandhaaf om uiteindelik met 63 doele te wen – byna ’n doel elke minuut.

Twee belangrike tuiswedstryde wag nou op Maties – NWU en Kovsies – en as die span ook hier seëvier, behoort die pad na die eindstryd gebaan te wees. Die speler van die wedstryd was Stephanie Brandt (Maties).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.