SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Maties-rugby kry nuwe president

Prof. Mohammad Karaan, professor in landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch (US), is as die nuwe president van die Maties-rugbyklub aangewys.

Karaan neem oor by Freddie Ferreira wat die rol as president van die historieryke klub vir twee termyne vertolk het. Karaan is ook ’n voormalige dekaan van die fakulteit agriwetenskappe aan die US en het in 2015 as viserektor aan die US waargeneem.

“Ek het nooit vir Maties rugby gespeel nie, maar ek het die legendariese Dok Danie Craven ontmoet en is terdeë bewus van die ongelooflike geskiedenis wat aan die klub verbonde is. Ek sien uit na die nuwe uitdaging en kan julle verseker dat ek my beste sal doen om ’n verskil by die Maties-rugbyklub te maak,” het Karaan by die klub se onlangse jaarvergadering gesê.

“Die US verwelkom prof. Mohammad Karaan se verkiesing as president van die Maties-rugbyklub. Nie net speel hy ’n prominente rol in die Suid-Afrikaanse samelewing nie, maar hy is ook ’n vooraanstaande akademikus en navorser wat voor- en nagraads aan die US studeer het – eienskappe wat gaan maak dat hy ’n reuse- en unieke bydrae tot die rugbyklub gaan maak,” het prof. Stan du Plessis, bedryfshoof aan die US onder wie Maties Sport val, gesê.

Quintin van Rooyen, senior sportbestuurder: Maties Rugby, het bygevoeg: “Prof. Karaan se kennis van en sy verhoudings in die akademiese wêreld sal gewis tot groot voordeel van Maties Rugby wees. Ons werk voortdurend daaraan om jong rugbyspelers aan te moedig om ook op hul akademie te fokus en dat dit met die oog op die toekoms baie belangrik is.”

Van Rooyen het die klub se dank aan Fereirra uitgespreek. “Ferreira het Maties Rugby met ongelooflike toewyding en passie gedien. Ons is hom baie dank verskuldig.”

Die Maties het vanjaar nie net die Varsitybeker-toernooi gewen nie, maar ook die historiese dubbel behaal toe die Young Guns (o.20-span) die eerste keer nog in hul toernooi geseëvier het.

Ná die perfekte begin tot 2018 het Maties se eerste span dit opgevolg met die suksesvolle verdediging van die USSA- en Westelike Provinsie-klubligatitels.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.