Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Maties slag Wits in eerste wedstryd

Hoewel FNB Maties Maandagaand 4 Februarie se eerste Varsitybeker­wedstryd van die 2019-seisooen teen FNB Wits met 33-17 gewen het, was alle ratte in die Maroenmasjien nog nie behoorlik geolie nie.

Maties se voorspelers, onder leiding van sy haker JJ Luus wat twee maal gaan druk het, het deurgaans die botoon gevoer en die basis vir die oorwinning gelê, maar afrigter Hawies Fourie is waarskynlik effe bekommerd oor sy span se vertonings in die lynstane en ook die vaste fasette van die spel.

Die voorspelers het egter goed saamgewerk.

Gelukkig het die geleerde skopvoet van die losskakel Jordan Chait deurlopend die praatwerk gedoen om Maties die voordeel te gee.

Daar was aanvanklik ’n onverwagte stilte op die stampvol Danie Craven-stadion toe Wits se wakker skrumskakel, Krappies van den Berg, eerste bloed vir die besoekers geruik en gaan druk het. Die doelskop van sy heelagter, Christian Humnphries, was in die kol. Kort hierna het die Maroenmasjien sy pad oor die doellyn gestoomroller om Luus oor te stuur. Chait was in die kol met sy doelskop.

Kort hierna het die sowat 17 000 Maties-ondersteuners wat vir ’n skou­spel kom soek het ’n antwoord gekry toe die veteraanvleuel en verlede jaar se beste speler in die reeks, Duncan Saal, met sy kenmerkende vaart gaan druk het. Ná Saal se drie was dit die stryd van die voorspelers wat die wedstryd oorheers het, met hier en daar ’n opflikkering en lynbreke. Kort voor rustyd het Wits se haker, CJ Conradie, gaan druk om die besoekers binne twee punte van die gasheer te bring. Chait het ’n strafdoel bygevoeg om die rustyd­telling 17-12 in die guns van Maties te maak.

Kort ná die omdraaislag het Chait en Luus weer punte op die telbord gesit, onderskeidelik met ’n doelskop en twee strafskoppe en Luus se tweede drie om die telling 30-12 te maak. Teen die einde van die wedstryd het Wits die Matie-doellyn verwoed aangeval, maar die manhaftige verdediging het gesorg dat Wits nie verdere punte kon aanteken nie. Chait se laaste strafdoel het die besoekers se doppie geklink om die telling 33-17 te maak.V Volgende week pak Maties die Ikeys in Kaapstad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.