Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Maties val vas in hokkie-eindstryd

Maties se Varsitybeker-hokkiepsan moes Maandagaand die knie voor sy teenstanders van NWU buig toe ’n doelskietkompetisie die Varsitybeker-kampioene vir 2019 se uitslag bepaal het. Die wedstryd teen die Noordwes Universiteit (NWU) het sonder doele geëindig.

Geen doele is in die amptelike speeltyd aangeteken nie en die studente van NWU het uiteindelik 2-1 geseëvier.

NWU het reeds vroeg in die wedstryd die geleentheid gehad om die telbord aan die rol te kry, maar ’n mislukte poging deur hul kaptein, Charné Maddocks, het nie die doelhok gevind nie. Kort daarna het Maties se doelwagter, Kirsten Block, nog ’n doelpoging gekeer.

Die eerste helfte het baie gelykop verloop en die eerste kwart het ook geen doele opgelewer nie. Die tweede chukka is net so vinnig gespeel, ook sonder enige suksesvolle pogings.

Ammaarah Hendricks het vroeg in die tweede helfte die NWU-doelwagter, Mischka Ellis, deeglik getoets, maar sy kon ook nie die net tref nie. Twee strafhoeke vir die Maties kort daarna is ook nie in doele omgeskep nie.

Maties het nie die tuisveldvoordeel deeglik genoeg benut nie en ook nie die feit dat een van NWU se spelers, Christa Ramasimang, met ’n groenkaart van die baan gestuur is nie.

’n Strafhoek in die 54ste minuut het weer ’n geleentheid vir Maties gebied, maar is nie in ’n doel omgeskep nie, terwyl Hendricks ook die veld weens ’n oortreding verlaat het.

Die wedstryd was tot aan die einde op ’n mespunt gebalanseer, maar nie een van die spanne kon deurbreek nie.

Kirsty Adams en Clarise Smit het doele vir die besoekers in die doelskiet behaal. Maties se kaptein, Paige Phillips, was suksesvol vir die Maties.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.