Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Maties vind ritme vir groot sege

Iemand moes iets in die ore van die Matie-agterspelers gefluister het, want ná bykans 35 minute se getjommel het die Maroenmasjien Maandagaand skielik in rat gekom en weer ’n groot oorwinning in vanjaar se Varsitybekerreeks behaal.

Die Stellenbossers het die span van Bloemfontein se Sentrale Universiteit vir tegnologie (SUT) ná 80 minute oortuigend 62-24 geklop. Dit was nadat die windverwaaide Danie Craven-stadion amper gelyk het na die plek waar die Stellenbosse studente hulle hul eerste drag slae in vanjaar se reeks op die hals kon haal.

Die woeste wind het waarskynlik daartoe bygedra dat heelwat minder ondersteuners op die paviljoene was, maar die rugby was waarskynlik ook nie van die beste wat die Maties al opgedis het nie.

Miskien het ’n loslootjie so vroeg in die kompetisie nie die gewenste uitwerking nie en moet dit eerder gespaar word vir later in die kompetisie wanneer daar meer seer en stukkende lywe is.

Ná ’n aanvanklike gesukkel kon die ster-vleuel van die aand, Anton du Toit, die eerste van sy vier drieë gaan druk om die tuisspan 5-0 te laat voorloop. SUT het kort daarna geantwoord met ’n verdoelde drie en het die voorsprong van die Maties weggeneem.

Du Toit kon kort daarna ’n sewepuntdrie aanteken, gevolg deur nog een deur die regtervleuel, Munier Hartzenberg, om die telling tot 19-7 te laat rek. ’n Strafdrie net voordat die fluitjie vir rustyd geblaas het, het die Maties se voorsprong na 26-7 gerek en die weg gebaan vir wat in die tweede helfte tot die sege sou lei. Twee verdere drieë – Du Toit se derde en een wat hy self verdoel het nadat die losskakel, Reinhardt Fortuin, in die wind maar deurgaans met sy stelskoppe gesukkel het – het die Maties verder voor geplaas. Nog drieë deur Du Toit, Hartzenberg, Luciano Elias en nog ’n strafdrie het die Stellenbossers se sege verseker. Die Maties speel aanstaande week weg teen UWK.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.