Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Nog ’n droommyl

Die nuwe ster in SA middelafstand-atletiek, Ryan Mphahlele, het Woensdagaand ’n droommyl in die 9de Dagbreek-straatmyl gehardloop.

Hy het die wedloop in 3:58.14 gewen.

Rynardt van Rensburg, ’n Olimpiese atleet van die Vrystaat, was tweede oor die wenstreep.

Ryan staan bekend as die Tembisa-tornado.

Hy het al drie wedlope in die Bestmed-straatmylreeks in Desember in die Suid-Kaap gewen. Twee daarvan was droommyle (onder vier minute).

Die huidige SA rekordhouer in die myl, Johan Cronjé, het in 2015 ook ’n droommyl gehardloop – die eerste in Victoriastraat.

Nog twee droommyle is aangeteken, maar in die skaatsplank-afdeling. Joshua Coelen het in 3:55.87 gewen en Eneo Hollanders was tweede in 3:59.20.

Nog ’n opkomende atleet het die vroue-afdeling gewen. Nicole Rodriques is maar 18 en ’n atleet aan Rhenish. Haar wentyd was 4:40.55.

Die opemansafdeling is deur Cowin Stoffels gewen wat 4:29.20 aangeteken het. Wedlope is ook vir skole aangebied – o.13, o.15 en o.19 – sowel as ’n meestersafdeling.

Die Dagbreek-straatmyl word aangebied te ere van De Villiers Lamprecht wat die eerste SA atleet was wat op 13 November 1964 ’n droommyl op Coetzenburg gehardloop het. Hy was ’n oud-Matie en inwoner van Dagbreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.