Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Nuwe klereborg vir Maties

Maties se eerste rugbyspan het vandeesweek ’n nuwe klereborg gekry. Hi Tec het Dinsdag die borgskap aan die span in sy winkel in Kerkstraat oorhandig.

Frank van Wezel, die handelsmerk-eienaar, het die borgskap aan Quintin van Rooyen, die klubbestuurder, oorhandig. Die geleentheid is ook bygewoon deur Van Wezel se vrou, Caroline, Hawies Fourie, Maties se afrigter en lede van die eerste span.

Van Wezel het die Hi Tec-maatskappy reeds in 1974 begin en dit in 1985 in Suid-Afrika geregistreer.

“Ons is trots om ’n pad saam met die Matie-rugbyklub te begin stap en sien uit na die verbintenis. Dit is die ideale mark waarby ons maatskappy betrokke kan raak en ons is trots om met die Maties geassosieer te word.”

Van Wezel het vertel dat hy ’n voorliefde vir Afrika het en het tien jaar in Kenia gewoon.

“Daar het ek ook rugby gespeel, insluitend een wedstryd vir die Keniaanse rugbyspan. Ek het ook die voorreg gehad om teen Idi Amin, wat later diktator in Uganda geword het, te speel,” het hy vertel.

Van Rooyen het die borgskap namens die Maties-rugbyklub ontvang en sy dank teenoor die borg uitgespreek.

“Ons is dankbaar vir die ondersteuning van Hi Tec en sien uit na die toekoms. Die klere wat hulle aan die eerste span gee, is van groot waarde. Ons sien ook uit na die spesiale T-hemde wat hulle vir ons ondersteuners gaan verskaf. ’n Kompetisie om die ontwerp van hierdie hemde te bepaal, gaan eersdaags begin,” het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.