Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Nuwe netballiga slaag in sy doel
netbal
Carina Nel van die Wimbledon-kluster was die speler van die wedstryd en die netbalspelers van Wimbledon het hulle wedstryd teen Validus gewen. Foto: Francois Lombard

’n Nuwe netballiga word nou weekliks deur die Univer­siteit Stellenbosch (US) se netbalklub gespeel.

Elke Donderdag ding netbalspelers van die verskillende universiteits­koshuise in groepe (klusters) mee.

Dit is die eerste geleentheid wat binne die Sentrum vir Studentegemeenskap (SSG) en Maties Sport vir die uitbreiding van netbal geskep is.

Die liga het Donderdag 12 Maart afgeskop en sal elke Donderdag plaasvind tot aan die einde van Augustus. Dit sal wel nie tydens die US-eksamen en -vakansie gespeel word nie.

Die liga bestaan tans uit 14 klusterspanne waarvan sewe vrouespanne en sewe gemengde spanne is en volgens Karen Swart van Maties-netbal hoop hulle om dit in die toekoms uit te brei.

Klusters is daarop gemik om ’n studentekultuur te skep wat studentesukses bevorder. Dis ’n kultuur waarin studente nie net aangename sosiale ervarings het nie, maar ook ernstig is om doeltreffende rolspelers binne en buite die Suid-Afrikaanse grense te wees.

In ooreenstemming met die institusionele doelstellings van die Universiteit Stellenbosch, word studente binne die verskillende studentegemeen­skappe aangemoedig om hul kennis hiér en in die buiteland toe te pas om sodoende ’n verskil te maak. Alle koshuis- en privaat studente behoort aan ’n kluster en kan sodoende deelneem.

Daar is tans sewe klusters wat aan die liga deelneem: amaMaties, Rubix, TygerMaties, Validus, VicMeyr, Victoria en Wimbledon.

Die klusterliga bied die geleentheid aan spelers om kompeterend deel te neem, asook om Maties Netbal se Hoë prestasiesport te ondersteun.

Afrigters uit die US se sportwetenskapgeledere rig tans hierdie spanne af.

“Ons skep ook die geleentheid aan skeidregters, om deur Annie Kloppers se netbal-akademie opgelei te word, asook om ’n moontlike SA netbalgradering te verwerf,” het een van die organiseerders gesê.

“Ons is erg opgewonde om hierdie geleentheid aan ons mans en vroue te bied en glo daar sal nog vele klustersport­geleenthede in die toekoms hieruit vloei.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.