Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Oosthuizen wen stryd om titel

Die ervaring van Robbie Oosthuizen het sterk na vore gekom in sy sege by die Stellenbosch-gholfklub se klubkampioenskap.

Oosthuizen, wat vroeër as beroepspeler in die Sonskyn­reeks gespeel het, was een van vier spelers wat gelyk was ná 54 putjies en toe moes uitspeel. Benewens Oosthuizen, was die jongelinge Luan Boshoff, Hennie O’Kennedy en Keagan Thomas ook in dié uitspeel­stryd betrokke.

Die uitspeelstryd is op die 18de putjie gespeel en ná die eerste keer het Thomas uitgeval en die tweede keer was Boshoff ook uit.

Oosthuizen en O’Kennedy het oorgebly en het die 18de putjie weer gespeel en dit gehalveer met ’n syfer elk en moes die putjie vir ’n vierde keer gaan speel.

Hierdie keer het Oosthuizen se tweede hou feitlik in die blikkie beland en sy voëltjie het gesorg dat hy die trofee omhoog kon hou.

Die 18de putjie se bof was voor geplaas en die ervare Oosthuizen het elke keer met ’n vyf-yster afgeslaan om die bal in spel te kon hou.

Cassidy Williams het die vroueafdeling gewen met ’n telling van 152 met Crystal Beukes op haar hakke op 153.

Philip Joubert (157) het die mans B-afdeling gewen en Gareth Slattery die C-afdeling.

Die vroue B-afdeling is deur Charlene Theunissen gewen.

Beste tellings in die opeafdeling vir mans: Robbie Oosthuizen, Luan Boshoff, Hennie O’Kennedy en Keagan Thomas (almal 212), Derek Roos 215.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.