Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Opgewondenheid oor ‘Bloemrosige’ byeenkoms
Dirk Hoffman in die 400 m-hekkies vir seuns o.19. Foto: Charmain Sanders

Met die jaarlikse Prestige-by­een­koms wat op 12 Februarie by Dal Josafat-stadion in die Paarl gaan plaasvind, het die atlete van Paul Roos Gimna­sium hulle die afgelope paar weke geslyp vir die strawwe kompetisie wat op hulle wag.

Paul Roos Gimnasium sal saam met die Hoër Meisieskool Bloemhof die span Bloemroos vorm.

Bloemroos sal teen die spanne van Paarl Gimnasium meeding asook met die Hoër Jongenskool wat saam met die Hoër Meisieskool van die Paarl ’n span vorm.

PRG het die afge­lope paar weke aan ’n ver­skeidenheid byeenkomste deel­ge­neem as deel van die voorbe­reiding, waaronder die HJS se topseun­skolebyeenkoms, die HJS-uitnodigingsbyeenkoms en die Rondebosch Boys’ High-byeen­koms wat op Groenpunt-stadion aangebied is.

Atlete is die geleentheid gebied om hul spoed, vaardighede en krag te toets en te verbeter by dié byeenkomste.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.