Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Oud-Matie-kaptein oorlede

James Starke, ’n jare lange Stellenbosser en kaptein van die Maties-rugbypan van 1953 tot die vroeë 1960’s, is verlede Woensdag (25 Julie 2018) ná ’n lang siekte oorlede.

In sy boek Die groot rugbygesin van die Maties skryf wyle dr. Danie Craven: “James Starke is een van die grootstes van die grotes wat hier op Stellenbosch was. Hy het gehelp om hierdie klub (Maties) uit die moeras waarin ons was, uit te sleep, en die prestasies wat daarna behaal is, moet in ’n groot mate aan hom toegeskryf word. Vir my was hy een van die mees uitstaande rugbykapteins van alle tye.”

Benewens sy Maties-kapteinskap het hy, onder meer, die Suidelike Universiteitespan teen die destydse Rhodesië, die Wallabies, die All Blacks, Brittanje, Frankryk en Italië aangevoer. Hy het vir WP gespeel (was later ook spanbestuurder en voorsitter van die keurkomitee) en as Springbok teen Nieu-Seeland.

Hoe bring ’n mens hulde aan iemand na wie Dok Craven as “een van die mees uitstaande rugbykapteins van alle tye” verwys het? ’n Oorkonde wat medespelers by die James Starke-rugbyreünie in 2011 met sy tagtigste verjaarsdag aan hom oorhandig het, doen juis dit: “Ons het die voorreg gehad om dr. Danie Craven se fenomenale rugbykennis te beleef, en laaste, maar nie die minste nie, ons het saam met en onder die kapteinskap van James Starke vir die Maties se eerstespan kon speel.”

Starke het in die sestigs saam met Dawie de Villiers, deesdae ook van Stellenbosch, gespeel en was ’n “groot figuur” in Matie- en Springbok-geledere.

In 1980 het die Springbok-rugbyklub goue medaljes toegeken aan vyf lede wat die afgelope 100 jaar die grootste diens aan die klub gelewer het. De Villiers was toe SA ambassadeur in Londen en kon nie die geleentheid bywoon nie. Die ander ontvangers was dr. Danie Craven en James Starke, en dit is postuum aan Paul Roos en Oubaas Mark Markotter toegeken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.