Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Passie bly ná verloorstryd

Om die koue winter-aandlug te trotseer vir iets waarvoor jy lief is, moet as bewys tel as ’n mens jou passie moet meet.

Dit kan duidelik gesien word by die Boland-vrouerugbyspan, wat Saterdag (8 Mei) na die veld met ’n wedstryd teen die Westelike Provinsie teruggekeer het.

Eikestadnuus het die span voor hul wedstryd besoek om te hoor hoe hulle vir die wedstryd voorberei het.

“Die passie onder die spelers is duidelik te sien en elke individu offer weekliks baie op om selfs net op die oefenveld te wees,” het Michelle Bosch, die mediaskakelbeampte van die Boland vrouespan, gesê.

Al het die span ’n paar vroue-Springbokke wat die Boland-trui oor die kop trek, is dit die vroue wat daagliks nog gaan werk voordat hulle op die oefenveld moet wees, wat beïndruk.

Die meeste spelers van die Boland-vrouerugbyspan werk voltyds en beoefen die sport oor hul liefde en passie vir rugby.

“Ons lê groot klem op dissipline en die spelers koop in met die visie wat die afrigter, Thomas Crowles, aan die span voorhou.”

Crowles het voor die wedstryd streng met die span gepraat oor wat sy verwagtinge van hulle is en die vuur wat in hom vir die span brand, kon duidelik gesien word.

Pniël word ook sterk in die span deur Tracey-Lee de Wet verteenwordig.

Die span het sy stryd in goeie gees teen die Westelike Provinsie aangepak, maar ongelukkig het hulle steeds vasgeval en met 36 punte teenoor 6 verloor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.