Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Paul Roos steeds op wenpad

Die eerste krieketspan van Paul Roos Gimnasium het die afgelope naweek voortgebou op sy oorwinning oor die Hoër Jongenskool Paarl deur in Kaapstad die span van Wynberg Boys’ High in ’n naelbytstryd te klop.

Wynberg het eerste gekolf en het ’n totaal van 172/8 aangeteken in sy 65 boulbeurte binne die gegewe tydsbestek. PRG se draaibalbouler Anele Matya het verwoesting gesaai deur 22 boulbeurte te boul en het vyf paaltjies vir 46 lopies geneem. Matya het ook in die proses sy 50ste paaltjie vir PRG se eerste span geneem.

PRG is daarna ingestuur om te gaan kolf en het die totaal van Wynberg verbygesteek met vier balle oor in slegs 55 boulbeurte.

PRG se kolwers wat presteer het, was Francois Joubert (39 lopies) en Stephan Maree (49 lopies). PRG het die wedstryd met drie paaltjies gewen.

PRG kom eerskomende Vrydag te staan teen die besoekende span van Grey High van Port Elizabeth.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.