Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
President se gholfspan aan die wenkant op ‘Skotse’ dag

’n Gholfdag wat die afgelope klompie jaar baie gewild geraak het by die Stellenbosch-gholfklub is die Honourable Gentlemen of Stellenbosch-beurtspel-kompetisie.

Die oorsprong van hierdie kompetisie kom van die geskiedkundige gholfklub in Skotland, Muirfield. Spanne onder leiding van die klub se president, Edwin Hertzog, en die kaptein, Peter Hill, ding teen mekaar in beurtspel mee.

Ná die oggend se beurtspelle volg ’n lekker middagete en in die middag het die twee span­ne mekaar weer in beurtspelle gepak. Vanjaar was die presi­dent se span vir die eerste keer aan die wenkant (28 - 25).

Soos die tradisie op Muirfield is, moet al die deelnemers das en baadjie dra by die ete en afsluiting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.