Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
PRG beste in SA in e-sport
Paul Roos
Adriaan Fourie (electr1X), Global Offensive (PRG CSGo) se kaptein.
Die League of Legends (LoL) -span staan onder die leiding van Luhan Strydom (Peanut SW01).

Paul Roos Gimnasium (PRG) is onlangs as die beste e-sport-skool in Suid-Afrika aangewys.

Nes enige ander sportsoort bestaan e-sport ook uit ’n span, en al verskil is dat dit met ’n muis, sleutelbord en oorfone gedoen word.

Die skool het tans twee spanne – die A-span, PRG Counterstrike: Global Offensive (PRG CSGo) met Adriaan Fourie (electr1X) as kaptein, en die League of Legends (LoL) onder leiding van Luhan Strydom (Peanut SW01). Albei spanne word deur die IT-onderwyser Louis van der Merwe gelei.

Die High School E-sports League-toernooi, waaraan PRG deelgeneem het, het aan die begin van die jaar afgeskop waar leerders van 38 skole een speletjie per week teen mekaar gespeel het. Die eindronde is op 26 en 27 September beslis en is regstreeks via Twitch uitgesaai.

“Die eindronde was die beste uit drie teen Parklands. Gewoonlik word die eindronde as ’n LAN (vanlyn) -geleentheid in Gauteng saam met Comic Con beslis, maar vanjaar was alles aanlyn weens Covid-19,” verduidelik Van der Merwe.

PRG is al drie jaar by die e-sport-toernooi betrokke en het duidelik bewys dat hulle ’n mag is waarmee rekening gehou moet word. “Dit het my ’n jaar geneem om erkenning vir e-sport as ’n amptelike skolesport te kry, maar ons het van die begin af so goed gevaar dat dit relatief maklik was om die hoof te oortuig,” verduidelik Van der Merwe en voeg by dat die skool hulle goed ondersteun.

Fourie, ’n matriekleerder, is al van die begin deel van die e-sportspan en het in 2019 die rol as kaptein oorgeneem. Hy sê die prestasies is iets onbeskryflik. “Dit is ’n baie vreemde gevoel. Ek het ’n paar jaar gelede games vir die pret en as ’n escape from reality gespeel,” voeg hy by.

Hy verduidelik CSGo is ’n “eerste persoon skiet”-spel, maar dat dit meer as net bloed en koeëls is. “Die game het die perfekte balans tussen aksievolle, adrenalien-gevulde oomblikke en bied ook ’n rustige manier om ’n breuk te vat en tyd saam met jou vriende deur te bring.”

Fourie moedig ander spelers aan om verby die negatiewe konnotasies oor die veralgemening van speletjies te kyk, want as jy ’n passie vir iets het, is enigiets moontlik.

Die League of Legends-span was verlede jaar in die derde plek, maar dit het hulle nie weerhou om sukses te behaal nie. “Ons het meer geoefen en so mekaar beter verstaan en kon aan ons gehalte werk,” vertel Strydom. LoL bestaan uit vyf spelers per kant met die doel om die ander span se gebou (nexus) te vernietig. Strydom, wat in graad 11 is, het al twee keer aan die SA kampioenskap deelgeneem en ’n blou das vir e-sport verower. “Mense besef nie hoeveel tyd jy insit nie, en dit beteken nie dat ek die hele dag voor die rekenaar sit nie. Ek fokus op my akademie en fisieke gesondheid ook.”

Strydom sê die toekoms van e-sport lyk belowend, want baie leerders sluit by PRG as gevolg van e-sport aan. “E-sport kry nog baie min erkenning in Suid-Afrika en is nie so bekend soos wat dit moet wees nie, dus kan nog baie in die toekoms gebeur.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.