Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
PRG is weer Sanix-kampioen

Die seëvierende rugbyspan van Paul Roos Gimnasium het Dinsdag uit Japan na Suid-Afrika teruggekeer as wenners van Sanix se wêreld-jeugrugbytoernooi vir skole.

Dit is die tweede keer dat die skool as kampioen uit hierdie toernooi tree, wat in Fukuoka in Japan gespeel is.

In die eerste toernooi in 2000 was hulle die naaswenner wat die knie voor King’s College van Sydney moes buig.

In 2015 het hulle egter die titel oorgeneem.

PRG het die Nieu-Seelandse nasionale skolekampioen, St Peter’s, in die eindstryd 52-5 geklop.

Paul Roos het die toernooi onoorwonne afgesluit en in die proses met Toin Gakuen (34-14), Kyoto Kogakuin (49-7) en Enisei-STM (54-5) afgereken.

In die kwarteindstryd het hulle die span van Exeter met die reusetelling van 75-5 vermorsel. In die halfeindstryd het hulle Waverley College van Sydney oortuigend 41-21 verslaan om ’n plek in die eindstryd te bespreek.

Nou kom die plaaslike skolerugbyliga aan die beurt en PRG moet op 18 Mei die sterk span van Paarl Gimnasium pak nadat die Paarliete die beste in die onlangse Wildeklawer-rugbytoernooi gevaar het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.