Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
PRG maklik oor Gim-hekkie

Die jaarlikse derby tussen Paul Roos Gimnasium en Hoërskool Gimna­sium Paarl het weer eens hoë gehalte skolerugby opgelewer.

Die afgelope drie jaar se wedstryde tussen die buur­skole was van uitstaande gehalte en hierdie jaar het nie teleurgestel nie.

Paarl Gim het vroeg die voortou geneem deur ’n welverdiende drie vroeg in die wedstryd.

PRG het egter met ’n strafdoel geslaag om die telling te laat krimp, maar Paarl Gim het geantwoord met een van sy eie.

Die spanne het aanvallende rugby gespeel, maar met skitterende verdediging was die halftydtelling 10-6 in die guns van Gimmies.

Paul Roos het die tweede helfte oorheers en drieë deur die span se vleuels, Renny Engelbrecht en Tiaan Pretorius, het die sege vir die Stellenbossers met 32-13 beklink.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.